Vinnige Kaneelrolletjies

9

Bestanddele:

Deeg

• 1 k warm water

• ¾ k karringmelk (kamertemperatuur)

• ½ k suiker

• ¼ k botter, gesmelt

• 3 eetlepels droëgis

• ½ eetlepel sout

• 2 eiers

• 5-6 k broodmeel

Vulsel

• 3 eetlepels botter, gesmelt

• ⅔ k bruinsuiker

• ⅔ k witsuiker

• 3 eetlepels kaneel

Versiersel

• ¼ k sagte botter

• 3 k strooisuiker

• 120 ml sagte roomkaas

• 1 t vanieljegeursel

• genoeg melk om dit maklik te laat smeer

So gemaak:

Deeg

1. Meng die water, karringmelk, suiker, gesmelte botter en gis saam. Laat staan vir 15 minute.

2. Voeg die sout, eiers en meel by. Meng deeglik en laat staan vir 10 minute.

Vulsel

1. Voeg die gesmelte botter, bruinsuiker, suiker en kaneel saam. Hou eenkant.

2. Strooi meel op jou werkoppervlak. Rol die deeg uit (ongeveer 30 x 40 cm)

3. Smeer die vulsel oor die deeg en rol die deeg op. Sny in 12 groot rolletjies.

4. Plaas die rolletjies op waspapier in ‘n bakplaat.

5. Bak vir 15-20 minute by 200°C.

Versiersel

1. Terwyl die rolletjies bak, meng die versiersel se bestanddele en smeer op warm rolletjies.