Volstruis Potjie, (Oos-Kaap Potjie)

Bestanddele:

•45 ml olyfolie

•4 middelslag uie, gekap

•soetrissies, 1 elk geel en rooi en  2 groen, ontpit en in repe gesny

•250g sampioene, in skyfies gesny

•3 huisies knoffel, gekneus

•750g spek, in blokkies gesny

•2kg volstruisnek, in stukke gesny

•4 x 250 ml water

•15ml asyn

•4 lourierblare

•5ml gemaalde naeltjies

•gemaalde swartpeper na smaak

•gegeurde en gewone sout

•500ml rooi wyn

•1 blik (410 g) tamatie-en-uiesmoor

•1 blik (410 g) tamatiepuree

•300g heel worteltjies, geskraap

•vars pietersielie, gekap

So Gemaak:

1.Verhit olie en soteer uie, soetrissies, sampioene en knoffel daarin.

2.Haal uit en hou eenkant.

3.Braai spek in dieselfde pot, skep helfte daarvan uit en voeg by die groente.

4.Sit volstruisnek by res van spek in pot en braai verder.

5.Voeg water, asyn, lourierblare, naeltjies, sout en peper by vleis en kook vir 30 minute.

6.Voeg dan rooi wyn, tamatiesmoor en tamatiepuree by en kook 2 – 3 uur lank of tot vleis sag is (voeg water by soos nodig).

7.Voeg worteltjies, asook groentemengsel met spek wat eenkant gehou is, by vleis. Kook net tot deurwarm. Garneer met vars pietersielie en kappertjieblomme.

8.Bedien met rys en soetpatats.oos-kaap-potjie