Vrouedag regdeur die jaar!

Om ‘n vrou te kan wees en die koester van jou vrouwees is iets wat ‘n vrou nogal na die hart lê. Vrouwees is in vandag se tyd bestaan uit soveel fasette. Daar is soveel verskillende plekke, mense en dinge wat elke dag ons aandag nodig het. Ons vrouens kan verwonder word oor hoe ons als gedoenne kan kry! As ons net na onsself kan kyk en al die dinge wat in ons lewens aan die gang is dan besef ons: Ek is ‘n mamma, beroepsvrou,’n kollega, vriendin, ‘n dogter of nog bevoorreg  om kleindogter te kan wees. Ek is ‘n sussie en ek’s ‘n vrou en dit alles, elke een van hierdie fasette vra ‘n stukkie van jouself elke dag..

121

Vrouemaand hoef nie net een keer ‘n jaar te gebeur nie , of self een dag ‘n jaar op 9 Augustus nie.

Doen hierdie vir jouself:

1. Maak ‘n lysie vir jouself wat jy wil doen/bereik.

2. Moenie net daarna kyk nie.

3. Vat elke ding van bo af en doen dit klaar, maak seker jy doen elke punt op die lys , al vat dit tyd, doen dit en doen dit klaar .

4. Net die feit dat jy iets begin en voltooi het maak dit van voor af die moeite-werd en dit sal  jou goed laat voel oor jouself.

5. Dit is belangrik om te gee, maar ‘n mens moenie dink dis verkeerd om ook te vra en te verwag nie.

Dit beteken dat jy jouself vir ʼn slag eerste stel en vir jouself ʼn mooi broek of ʼn paar skoene gaan koop in stede van n speelding vir die kinders. Dit kan ook beteken dat jy jouself ‘n halwe dag se stilte gun om net jou kop skoon te kan kry of vir jouself die geleentheid gun om jouself te geniet.