Vroueregte – die verlede en toepassing vandag

Womens-Rights-Equal-Human-Rights-650x431

Nasionale Vrouedag is ‘n openbare vakansiedag wat jaarliks op 9 Augustus in Suid-Afrika gevier word. Die eerste Nasionale Vrouedag het op 9 Augustus 1994 plaasgevind. Dit omhels die konsep van gelykheid in persone reg, die werksplek, en tot in die huis.

Die dag gedenk die nasionale optog van vroue op hierdie dag in 1956 om beswaar te maak teen wetgewing wat Afrikane verplig het om ‘n pas te dra. Die pas was ‘n spesiale dokument wat die beweg- ing van swart mense gedurende die apartheidsera beperk het om so wit woongebiede te beveilig. In 2006 is die optog herhaal om die vyftig- jarige herdenking te vier. Baie van die veterane wat in 1956 deelgeneem het, het dié geleentheid bygewoon. Op 9 Augustus 1956 onderneem 20 000 vroue ‘n optog na die Uniegebou in Pretoria om teen die voorgestelde wysigings aan die Groepsgebiedewet (algemeen bekend as die paswette) van 1950 te protesteer. Die optog is deur Helen Joseph, Lillian Ngoyi, Rahima Moosa en Sophia Williams gelei.

As ons dink aan ons geskiedenis as Afrikaners, is dit opvallend hoe die vrou in die huis of buite op die lande ‘n reuse rol gespeel het. Toe die manne die oorlog moes veg, was dit die vrouens en kinders te huis wat die oorlog moes voer op ‘n onmenslike vlak as ons die konsentrasie kampe in ag neem.

Die Boerenasie se vrouens het huis, land en kinders verloor om volbors agter hulle mans te staan in eenheid. Vroue in Suid-Afrika het nog altyd die voortou geneem. Daar is tot ‘n Protestantse kerk- genootskap in Suid-Afrika gestig naamlik die Spade Reën Sending
in 1927 wat onder die leierskap en leiding van Maria Martha Fraser wat as predikant opgetree het teen die kultuur en beginsels van daardie tyd. Sy was ‘n voorloper van elke vrou-predikant wat vandag in vryheid hulle beroep op ‘n geeste- like vlak voldoen in Suid-Afrika. In daardie tyd was dit nie geoorloof vir ‘n vrou om enigsins agter die kansel op te tree en die bediening was slegs vir mans. Dieselfde het gegeld vir professionele loopbane.

Die vrou was net eenvoudig nie toegelaat om enigsins mag uit te oefen oor
‘n man nie, en dit was tot nadeel vir vrouens. Dinge het verander in ‘n tyd waar vrouens gevoel het dat hulle nie meer gaan terugstaan nie, maar gaan optree ten goede van hulle eie regte en hulle kinders. En, tog het ons Afrikaanse kultuur ook stadig maar seker aange-pas. Want as ‘n mens noukeurig ondersoek instel, sal ons vind dat agter elke suksesvolle man staan ‘n liefdevolle en ondersteunende vrou. Hulle word vandag juis meer verenig in hulle diversiteit.