Vrouwees: Van binne na buite.

Untitled copy copyAs dit kom by ‘décor’ hoef ‘n boer of vandag oor die binneversierder nie, maar boervrou glad nie agter in die ry te gaan staan of aan die agterspeen te suig nie. Jy kan smaakvol en ‘grénd’ lyk deur net jouself op te pas en goed te versorg. ‘n Mens kan jouself mooi maak tot die beste van jou vermoë met dit wat jy byderhand het.

Ons almal weet voorkoms, naam maak, inpas en terselfdertyd uitstaan (klink teenstrydig, maar welkom tot die 21ste eeu) ‘n groot en belangrike saak is vir elke persoon al wil hulle dit nie erken nie. En tweedens aan jou persoonlike
self- en buite beeld kom jou huis – maar nogtans jy is die belangrikste persoon in jou lewe. Mode is gewoonlik iets wat ons vereenselwig met name soos Paula van der Leck van bekende 7de Laan. Maar net om anders te wees praat ons nie liewers oor die ‘buiteversierder’ (verskoon die opgemaakte Afrikaanse woord mede- taalkundiges).

Elke vrou is ‘n tipe ‘buiteversierder,’ dink net aan al daardie ontelbare ure voor die spieël – ons weet ons moet eintlik nie terg nie, maar hier is dit nogal gepas. Maar ware vroulikheid kom van diep binne. Dit is meer as net die oppervlak. Dit lê agter die bedoeling hoekom ‘n
vrou haar versier – wat is die eintlike
doel daarvan? Wat ‘n vrou regtig ‘n vrou maak is die feit dat sy net haarself is en haarself oppas ten spyte van wat ander dink. ‘n Vrou moet waag om net vrou te wees. In vandag se moderne tyd word baie meer van vrouens as tevore verwag. Maar dit beteken nie daar is nie meer tyd om sjarmant en ‘sexy’ te wees nie. Dit is juis die punt – om dit wat binne is te laat uitstraal sodat ander dit ook kan sien. Mooi van binne, mooi van buite – maar die besluit begin binne – eintlik in jou hart van verstand.

Jy onthou tog toe jy en manlief reëlings getref het vir die groot dag, het jy ewe gretig 5 kg verloor om in jou trourok te pas. Maar jare later weeg jy maklik 20 kg swaarder.

Hoekom het prioriteite verskuif? Jy doen dit nie noodwendig net vir hom nie, maar vir jouself; lyk goed
– voel goed. Die verskonings pak vinnig op: ek is te besig; die kinders neem al my tyd in beslag; ek moet my huis darem aan die kant maak; my werk of man hou my te besig – maak tyd vir jouself, dit is belangrik. Maak tyd om jouself op te pas en te versorg. Selfvertroue begin binne en dit gee jou die deursettingsvermoë om dit dan ook uiterlik toe te pas. Dit beteken om sterk te wees as vrou, maar hy hoef nie noodwendig dan die rol van die man oor te neem nie. Wees jy net jy, dit is die geheim van vrouwees.