Vrouwees Vreugde – Vind Jouself en Staan Jou Vrou

11349402_491190801046410_636293430_nIn hierdie maand se uitgawe gaan ons dieper as diep. Ons behandel die onderwerp van ongesonde verhoudings en hoe ‘n mens gelukkiger daaruit kan ontvlug. Om mee te begin laat ons mekaar mooi verstaan – as dit in die begin nie werk nie (voor al die kinders koppe uitsteek) gaan dit nooit werk nie.

Dis lelik eerlik maar waar. Mense verander nie. Jy is gebore met ‘n unieke DNA samestelling – saam met dit kom jou tipologie wat jou persoonlikheid behels. Dit is oorerflik en nie aangeleer nie. Daar is oorgenoeg bewyse uit Jung en Freud se navorsing om hierdie stellings te staaf – dit geld net nie vir die wat ongeklasifiseerbaar is of wat geestelik versteurd is nie. Die man of vrou wat jy nou ontmoet is dieselfde mens 20 jaar later – al wat gebeur is hulle word meer eensydig wat hulle persoonlikheid betref. Niemand kan jou verander nie en jy kan ook nie iemand anders verander nie, ‘n mens kan net gewoontes goed of sleg aanleer of afleer.


Dit is ‘n jammer dat meer as een vrou haar bevind in ‘n ongesonde verhouding waar sy emosioneel afgetakel word. Dit gebeur meestal met uitsprake, en ‘n mens kan nie anders as om dit as ‘n tipe ‘haatspraak’ te noem nie. Emosionele mishande- ling is ‘n werklikheid. Dit sluit ook in hoe jou man jou hanteer voor ander mense, kennisse, vriende en familie. Naderhand voel jy minderwaardig en begin jy jouself en jou vaardighede asook jou persoonlike identiteit betwyfel. In ons samelewing is dit baie keer nogsteeds soos dit voorheen was in ons geskiedenis toe vroueregte minag was. Jy sal baie keer hoor daar word verwys na “Dr. so en so se vrou,” of “Dis mos die prokureur se vrou.” Lui dit nie ‘n klokkie nie? Die vrou het geen identiteit of stemreg gehad nie, sy het haar man se identiteit aangeneem of sy wou of nie.
Deesdae is meer as een vrou tevrede om in ‘n ongelukkige en ongesonde verhouding te bly solank hulle net nie alleen deur die lewe hoef te gaan nie. Niemand wil immers alleen wees nie – maar teen die koste van jou persoonlike geluk en individuele identiteit is dit tog nie werd nie. Jy is dan beter af vry, alleen, onafhanklik en selfstandig. Ek weet dit klink soos ‘n kreet van die bekende ‘Womans Liberation Movement,’ maar welkom tot die geleenthede wat vir jou as vrou aangebied word in die 21ste eeu.
As jy jou bevind in ‘n verhouding waar jy nie waardeer word nie, waar jy afgekraak word en waar jy (mag dit nooit so ver gaan nie) geslaan word – is dit jou eie skuld. Jy laat dit toe en jy is die enigste persoon wat jouself daaruit kan red. Die grootste fout vir enige vrou op planeet aarde is om haarself afhanklik te maak van ‘n man. Vroue word in elk geval bo mans verkies vir posisies in die werksplek op arbeidsregsgronde. Vind jouself, besluit wat jy in die lewe wil hê en maak dit ‘n werklikheid. En as dit ‘n man is wat in jou pad staan – raak net eenvoudig ontslae van hom – daar is oorgenoeg visse in die see.