Vrugte Potjie, (Limpopo Potjie)

limpopo-potjie

 

Bestanddele:

•1 groot of 2 – 3 kleiner pakkies droë gemengde vrugte

•Sap en skil van

1 suurlemoen en 1 lemoen

•Suiker na smaak

•125ml droë sherry of 500ml rooibostee

•375ml water as jy sherry gebruik

•1 kaneelstokkie

•1 steranys

So Gemaak:

1.Kook hierdie in ‘n kleinerige swartpot buite tot vrugte lekker sag is en daar ‘n lekker stropie is.

2.Bedien dit vir ontbyt met joghurt of as nagereg met ‘n sny konfyt-rolkoek en vla. Jy kan dit ook net met vla bedien vir nagereg. Saam met ‘n vleisdis is hierdie vrugte ook baie lekker.

Dis ook heerlik saam met mieliepap, vrugte en ‘n bietjie van die stroop bo-oor vir ontbyt.

Kan koud of warm bedien word.