Vrugtekoek met liefde uit Europa

Kersfees is nie Kersfees sonder ‘n happie Tradisionele Kerskoek nie. Vrugtekoek word in verskillende gedaantes wêreldwyd tydens die Kersseisoen geniet.

Vrugtekoek kom oorspronklik van Europa en is die samesmelting van twee geregte wat gebruiklik rondom die Kerstyd geniet word pruimpap (plum porridge) en Driekoningeaand-koek (Twelfth Night cake) wat op 5 Januarie gevier word. Dit is tradisioneel die laaste dag van die Kersfeesvieringe.

Vrugtekoek word in verskillende gedaantes wêreldwyd tydens die Kersseisoen geniet.

Pruimpap is gewoonlik op Oukersaand geëet en word die eerste keer in 1573 in rekords genoem. Tydens die 16de eeu is die hawermout in die pap vervang deur botter, meel en eiers. Dié mengsel is steeds gekook en dit is eers later toe ryk families oonde in hul huise gehad het gebak. Gedroogde vrugte is ook bygevoeg en die koek is afgerond met marsepein.

Tradisioneel is dié koek in die Paastyd voorberei (dit was ’n eenvoudiger vrugtekoek met amandels as ’n belangrike bestanddeel).

Die Kerskoek het ontstaan toe gedroogde vrugte van die seisoen en speserye (wat simbolies is van die eksotiese speserye van die Ooste en die geskenke wat die Wyse Manne vir die Christuskind gebring het) bygevoeg is. Die koek is oorspronklik nie op Kersdag geëet nie, maar op Driekoningeaand.

Teen die 1830s het die viering van Driekoningeaand afgeneem, en Kersfeesvieringe al hoe groter geword. Die koek is toe op of rondom Kersdag voorgesit. Dié koeke het baie gewild geword by Victoriaanse Kerspartytjies en teen die 1870’s het die moderne Kerskoek ontwikkel heeltemal onherkenbaar van sy wortels as pruimpap.

Mense in Brittanje het ook begin om gekookte (boiled) vrugtekoek te maak om aan hul familielede in die kolonies soos Australië en Kanada te stuur. Die gekookte koeke het langer gehou as gebakte koeke in die 19de eeu kon dit maande neem voordat ’n skip van Brittanje met ’n vrugtekoek aan boord die “nuwe wêreld” bereik.

Die koeke was gewoonlik deel van ’n Kersgeskenkpak met kos en presente en so het dié tradisie van vrugtekoek met Kersfees regoor die wêreld versprei.

Vrugtekoek word in verskillende gedaantes wêreldwyd tydens Kerstyd geniet. In Duitsland smul mense graag aan feestelike Stollen, wat met versuikerde vrugte en marsepein gemaak word.