Waatlemoentyd is om die draai…

800px-Watermelons

Waatlemoene bly maar lekker. Ons as gebruikers geniet hierdie somervrug op snikhete somersdae terdee. Oral in die wandelgange vra ons mekaar uit oor waar die lekkerste waatlemoen te koop is. Ons weet ook dat die eerste waatlemoene van die seisoen gewoonlik ‘n bietjie te duur is. Namate die seisoen vorder, word dit goedkoper.

Ons wil ‘n bietjie meer weer van ‘n waatlemoenboerdery en het toe gaan uitvind. November en Desember is gewoonlik ‘n nagmerrie vir die meeste mense wat by waatlemoenbemarking betrokke is. Dan wil boere honderde vragte op die naaste mark afgooi net om van hul waatlemoene ontslae te raak. En dan is hulle boonop sielsongelukkig oor swak pryse. “Die mark het al saam met boere probeer bepaal hoeveel vrugte per week gelewer moet word, maar boere luister nie. Hulle plant net ál meer en die waatlemoenmark is oorstroom. Die man wat die seerste kry, is die boer self,” sê mnr. Carel Roos, wat die afgelope drie jaar die varsproduktemarkte se Waatlemoenboer van die Jaar was.

Voor dit het hy en sy pa, Hannes, gesamentlik die prestasie drie keer behaal. Hy weet dus waarvan hy praat. Hy sê hy het op waatlemoene grootgeword. Sy oupa het ook daarmee geboer en hy meen ‘n paar familie-geheime dra waarskynlik by tot die welslae. Hy begin Mei al plant en pluk die eerste vrag vir die mark in die eerste week van Oktober. Die laaste vrag gaan einde Februarie mark toe. Hy lewer sowat 550 000 waatlemoene per seisoen. Hy het 52 ha onder waatlemoene op sy plaas buite Lephalale (Ellisras) in Limpopo. Hy hou daarvan om te eksperimenteer en probeer elke jaar ‘n ander kultivar plant. Hy gebruik vanjaar die kultivar All Sweet, maar Charleston Grey en Sweet Princess vaar ook goed in die Bosveld, sê hy. Van laasgenoemde kultivar kry hy die beste opbrengs:

Sowat 10 000 waatlemoene per hektaar. Die saad kry ‘n molibdeenbehandeling om beter te ontkiem en ontkiem oor 36 uur waarna dit met die hand geplant word. Omdat hy in die winter plant, moet hy die saad vooraf laat ontkiem anders kom die gewas moeilik op. Carel sê hy plant vroeg (1 Mei) vir ‘n markvoorsprong. Omdat hy nie te veel vegetatiewe groei wil hê nie, hou hy die plantjies net aan die lewe met ‘n klein bietjie stikstof en kalsium wat planttyd in ‘n strook toegedien word sodat die wortelstelsel goed ontwikkel. Die eerste blok se plantjies word in ‘n voor van 350 mm diep geplant om te keer vir koue wind, wat dan bo-oorbeweeg en nie skade aanrig nie.

Latere aanplantings word bo-op die rif gedoen vir beter blootstelling aan die son. Die tweede blok word twee weke ná die eerste geplant en die derde blok drie weke later. Die laaste blok van 10 ha word die eerste week in Augustus geplant vir vrugte in Desember/Januarie. Die vroeë waatlemoene weeg gemiddeld 12 kg stuk en die aan die einde van die seisoen 20 kg. Die plante word deur bye bestuif.

Roos sê hy bring nie korwe in nie, want dan bestuif die bye te veel. Die drag is goed, maar die vrugte klein. Bemesting word in die water met drupbesproeiing toegedien. Die plante kry min water as hulle klein is, maar van vrugset af word dit drie uur per dag besproei. “Bemesting is belangriker. My waatlemoene kry 300 N (stikstof), 300 K (kalsium) en 200 P (fosfaat) oor die seisoen. Ná vrugset moet die kunsmis noukeurig toegedien word (nie te veel nie). Omdat die plant ‘n swaar vrag dra en die rank verswak, is kunsmisbrand ‘n algemene probleem.”

Sy spuitprogram is op siektevoorkoming gerig en hy spuit tot twee keer per week in die groeiseisoen met die eerste bespuiting vir suigende insekte op ses weke ná opkoms. Met die oog op beter opbrengste is hy nou besig om geleidelik oor te skakel na organiese verbouing. Die regstreekse produksiekoste beloop sowat R32 000/ha. Die opbrengs word bepaal deur die gehalte van die vrugte. “Die man wat alles reg doen en die mark reg lees, kan ‘n goeie wins maak.” Hy sorg dat hy alles van waatlemoene weet wat daar te wete is. Hy glo egter ‘n boer moet nie net sy produk nie, maar ook sy mark soos die palm van sy hand ken. Daarom vind hy uit wat in die mark aangaan – veral wat pryse en beskikbaarheid betref. Sy waatlemoene gaan eerste na die markte waar die vrugte nog nie beskikbaar is nie. Hy bemark so wyd moontlik, tot so ver as Kaapstad, Oos-Londen, Durban en Bloemfontein.

En omdat hy nie skaam is vir sy produk nie, is dit deel van sy bemarking om ‘n plakker met sy naam op elke waatlemoen aan te bring. “’n Kliënt wat ontevrede is, weet dan waar om te kla, maar die wat van my waatlemoene hou, weet dan ook hulle kan altyd op ‘n goeie produk staatmaak.” Wat se verliese kry hy? Hy verloor sowat 2 % van die oes aan muise, fisante, bos- en ystervarke,bobbejane en bosbokke, sê hy. Dis altyd lekker om na mense te luister wat weet waarvan hulle praat…

 

13 thoughts on “Waatlemoentyd is om die draai…

  1. Thanks , I have recently been looking for info approximately this subject for ages
    and yours is the greatest I’ve discovered till now.
    However, what about the conclusion? Are you sure about the supply?

  2. Hi there, You have done a great job. I’ll certainly digg
    it and personally recommend to my friends. I am sure they’ll be
    benefited from this website.

  3. Tremendous things here. I am very happy to see
    your article. Thank you so much and I’m looking forward to touch you.
    Will you please drop me a e-mail?

  4. I simply want to mention I am new to blogging and site-building and seriously savored you’re web site. More than likely I’m going to bookmark your blog post . You surely come with impressive writings. Regards for revealing your website.

  5. I just want to tell you that I am just beginner to blogs and really enjoyed this web blog. More than likely I’m going to bookmark your blog post . You certainly come with beneficial articles. Thanks a lot for sharing your website.

  6. I simply want to say I am newbie to blogging and site-building and seriously liked this website. Very likely I’m want to bookmark your blog post . You absolutely have terrific writings. Bless you for sharing your website page.

  7. I would say that longevity is all about a state of mind. While diet and health can aid in this I think it’s the mindset. It all boils down to making them think that they are still an asset.

Comments are closed.