Wat is Pizza?

pannaPizza is ‘n plat ronde brood wat met ‘n tamatiesous basis, kaas en verskillende bestandele soos olywe, pepperoni worsies ensovoorts belê of bedek word en dan word kaas oorgestrooi en dit word in die oond gebak.

Die oorspronklike pizza, wat net met olyfolie, tamatieskyfies origanum of basiliekruid of basil soos ons dit ken bedek word, dateer uit die middel van die 18de eeu – ‘n tydperk toe tamaties in Suid-Italië gewild geraak het. Pizza is oorspronkilk na verwys as ‘n ete vir arm mense.

In Junie 1889 is die Margeritha pizza in eer van Konigin Margherita van Savoy gemaak. Die pizza was  met tamaties, mozzarella kaas en basiliekruid bedek en is juis so gemaak om die rooi, wit en groen van die vlag van Italie te verteenwoordig. Die chef Raffaele Esposito was dan ook die eerste chef wat kaas by pizza gesit het.

Die deeg vir die pizza se bodem of basis word van meel, water, gis, sout en ‘n bietjie olyfolie berei, enkele minute lank geknie en na sowat ‘n uur dun uitgerol of met die hande uitmekaargetrek. Dit is baie maklik om pizza deeg voor te berei.

’n Elektriese menger sal jou lewe vergemaklik, maar aan die ander kant: Die beste pizza-deeg word met die hand geknie, so probeer dit!

Die deeg word volgens die individuele resep bedek.. Hiervoor is tamatieskyfies of salsa pizzaiola nodig as basis.