Wegbreek: Forelhengel By Die Swaziland Berge

fly-fishing-day-trip-in-bariloche-in-san-carlos-de-bariloche-184516Wie het ooit gesê dat ‘n mens nie regtig vis kan vang in die winter nie? Swaziland is ‘n paradys vir jou forelhengelaar wat graag nie die viswaters kan weerstaan nie al is dit hoe bitter koud. Van lopende strome, na damme en riviere – jou opsies is ontelbaar.

Die gesogte visvang plekke is teen die Swaziland berge waar jou kanse goed is om forelle te vang. Die waters is geleë naby die berge en as jy een is vir bergklim en forelhengel is dit ‘n dubbel bonus. Dit is ook belangrik dat jy al jou toerusting onthou en veral ‘n waterdigte tent – dan hoef die reën nie veel jou wegbreek te keer nie.

Jy kan jou tent naby die waters vestig en dan rustig wag vir daardie opwindende buit! En, ‘n forel-braai was nog altyd ‘n treffer vir die hele gesin. Hoe het forel so populêr geword in Suid-Afrika? Kom ons begin sommer by die heel begin: Britse koloniste in die Kaap en Natal het gou besef dat daar min inheemse hengelspesies in Suid-Afrika se riviere is maar dat die bergstrome geskik sal wees vir forel. Die eerste be-vrugte eiers van die bruinforel is reeds in 1890 na Suid-Afrika gebring en die forel is suksesvol in Natal geteel.

Die jong vissies was toe in die Mooi-, Boesmans- en Umgeniriviere vrygelaat. In 1892 was die bruinforel ook suksesvol in Kaapstad geteel. Teelplase was toe gebou by Jonkershoek by Stellenbosch en Pirie naby King William’s Town in die Oos-Kaap. Teen 1897 was die Bruinforel teelstasies suksesvol gevestig en is die eerste Reënboogforel se bevrugte eiers na Suid-Afrika gebring.

Hierna word beide spesies suksesvol gevestig in ‘n verskeidenheid riviere en die reënboogforel het meer bekend geraak. Daar was ook begin om die Beekforel – afkomstig vanaf die VSA – in Kaapstad te teel in 1950. Tot in die 1980’s was forelle slegs deur bewaringsinstansies geteel maar daarna het dit ‘n groot bedryf geword wat die sport- en kommersiële mark bedien.
Vir die wat ‘n liefde omhels vir visvang is dit die ideale plek om net op te pak en heen te vlug van die stadsremoer, die besige lewe en die stres wat met ‘die pot aan die kook hou’ gepaard gaan. Die beste van alles is dat ‘n mens in die hartjie van die winter nogsteeds kan visvang, natuurlik met die regte toerusting vir yserige kamp – genoeg warm klere en oorgenoeg boeretroos hoort die ding te doen – en dalk nog ‘n klein bietjie sjerrie of brandewyn vir daardie ekstra skop by die koue waters het nooit te veel skade gedoen nie (of so hoop ons al te min!).

Die ideaal is dat daar nie net aan manlief se forelhengel behoef- tes voorsien word, maar dat daar iets vir die hele gesin is om te geniet. Daar is vele vakansie-oorde naby geleë waar ‘n mens ‘n bekostigbare dagpas kan kry en sodoende almal gelukkig hou. Van die visstok tot die hoek, en van die vis tot die vuur – geniet ‘n winterswegbreek in Swaziland se visvang-paradys!