Werk griep inspuitings regtig?

Boy and vaccine syringe

Met ‘n koue winter kom daar vele nadele vir ons as mens al beweer wetenskaplikes dat die winter ‘al die kieme doodmaak’ en dat ‘n mens dan juis gesonder moet bly. In werklikheid, word ons siek, die neuse loop, kele word seer en party van ons kry griep of volwaardige longontsteking – dis seker ‘n baie negatiewe uitkyk op die winter maande, maar ongelukkig die waarheid.

Tussen jou warm aan te trek soos ‘n Oros mannetjie en vele vitamienpille te verorber, saam gepaard met oorgenoeg water drink en warm drankies soos sop en kruie tee’s, is die uiterste oplossing die gewilde griepinspuiting wat verkrybaar is by meeste apteke en dokters spreek- kamers. Maar, werk die griepinspuitng regtig inderdaad? Meeste mense deesdae met die gejaagdheid van die moderne lewe laat die bogenoemde metodes om gesond te bly laat vaar en gryp aandagtig uit na die maklikste oplossing beskikbaar – die griep inspuiting.As ʼn griepinspui- ting dan veilig is, waarom glo so baie mense die teenoorgestelde? Daar is verskeie redes hiervoor, maar ʼn algemene een is die feit dat mense siek raak weens ander minder gevaarlike virusse wat gewoonlik verband hou met verkoue.

Dis belangrik om te onthou dat die griepinspuiting nét teen griep beskerm. ʼn Ander rede waarom mense siek raak nadat hulle ʼn griepinspuiting gekry het, is blootstelling aan die griepgogga kort voor inenting. Dit neem ongeveer twee weke voor die entstof beskerming teen die griepvirus bied, wat beteken dat jy steeds binne daardie tyd kan siek word.

Bejaardes mag ook moontlik griep- simptome toon, al is hulle ingeënt. Om- dat hulle immuunstelsels baie swakker as ʼn gewone, gesonde volwassene s’n is, bied die griepinspuitings nie voldoende beskerming nie. Maar die entstof word juis vir hulle aanbeveel omdat dit die simptome baie ligter maak en dit hulle lewens kan spaar. Die griepinspuiting is veilig vir almal bo die ouderdom van ses maande, maar word ook veral aanbeveel vir hoërisikogroepe, wat swanger vroue en kinders onder vyf jaar insluit.

Volgens die Wêreldgesondheidsorga- nisasie (WGO) het swanger vroue ʼn ver- hoogde risiko om griep te kry en ernstig siek te raak. In erge gevalle kan swanger vroue weens verwante komplikasies sterf. Die griepvirus is ook baie gevaarlik vir die ongebore baba en kan miskrame, stilge- boortes en laegeboortegewig tot gevolg hê, of veroorsaak dat die baba te vroeg ge- bore word. Daarom moet swanger vroue nie met haar en haar ongebore baba se gesondheid dobbel nie en liefs ingeënt word. Babas onder ses maande word steeds deur die teenliggaampies beskerm wat hulle by hul ma’s geërf het. Die ma het teenliggaampies teen die virus omdat sy waarskynlik al griep in haar lewe gehad het. As sy boonop ʼn griepinspui- ting gekry het terwyl sy swanger was, beteken dit haar kind sal vir ses maande na sy geboorte ook die voordele van die entstof geniet.

Sommige mense glo dit is beter om nie teen griep ingeënt te word nie en eer- der maar siek te word, juis sodat teenlig- gaampies vorm wat hulle in die toekoms teen die virus sal beskerm. In afsluiting, dit is beter om op natuurlike maniere jouself ‘in te ent’ met natuurlike stowwe in plaas van chemiese stowwe. Dit sluit in om letterlik genoeg pietersielie, knoffel en kossoorte te eet wat genoeg vitamiene C bevat – dit is jou beste ammunisie teen siek word hiérdie winter!