Wilds Potjie, (Noord-Wes Potjie)

noord-wes-potjie

Bestanddele:

•1 Wildsnek soos bv rooibok, blesbok of springbok, in skywe gesny

• 200g varkspek, in blokkies gesny

• 50ml botter

• 250ml vleisaftreksel

• 2ml tiemie

• 12,5ml worcestersous

• 5ml knoffelsout

• 1ml fyn naeltjies

• 2ml neutmuskaat

• 5ml mostert poeier

• 50ml asyn

• Sout en peper na smaak

• 1 blikkie sampioenroomsop

• 1 blikkie knopiesampioene

• 100ml Klipdrift brandewyn

So Gemaak:

1. Braai die vleis en spek in botter in swaarboomkastrol tot bruin.

2. Voeg ander bestanddele behalwe sampioenroomsop, knopiesampioene en brandewyn by en plaas in oond om sag te stowe.

3. Bedruip die vleis kort-kort.

4. Wanneer die vleis sag is voeg res van bestanddele by.

5. Bedien met rys en gemengde groente.