Winter Kom – Bou Nou Jou – Immuniteit Op

BB-22 pdfMet die verandering van die seisoene is daar altyd baie mense wat siek word. Of dit nou allergie vir stuifmeel is en of dit net die winde is wat die bakterie rond waai wat mens so siek maak, wanneer die seisoen verander dan is ‘n mens net eenvoudig geneig om siek te word. Van ‘n loop neusie tot ‘n seer keel, en van gewone verkoue tot longontsteking – die moontlike spesifieke simptome is onvoorspelbaar – maar wat vir seker is, is dat mense wel siek sal word, dit is nou maar net een van daardie dinge.


Alhoewel, daar is ‘n oplossing. Bou nou jou immuniteitstelsel op vir die winter maande wat kom. Vitamine C is een van die belangrikste voorkoming teen die algemene verkoue en griep. Knoffel en pietersielie is ook ‘n natuurlike vegmiddel teen verkoue. In die middel eeue was daar nie genoeg groente en vrugte in die winter om aan die massas vitamines te kan voorsien nie. Dit het deel geword van die mens se DNA en genetika oor honderde jare. Die gevolg is dat ‘n mens se immuniteitstelsel afneem in winter.

Dit is soos klok werk. Wanneer winter aankom dan neem jou liggaam se vaardigheid om siektes te beveg van outomaties en van nature af. In die mensdom se geskiedenis het dit baie keer skeurbuik of liewers meer bekend as gordelroos veroorsaak. Veral met seemanne wat vir maande op skip was en nie toegang tot vars groente en vrugte gehad het nie. Mense wat ondervoed is kry ook hierdie siektetoestand. Voeding is die belangrikste deel van gesond bly. Sonder die nodige vitamines kan jou liggaam nie funksioneer of enige oorweldigende virus beveg nie.
Dit is ook ‘n goeie aanwensel om solank geld eenkant te sit vir hoë-kwaliteit multivitamienpille wat jou liggaam se immuniteitstelsel die ‘skop’ gee wat dit nodig het om die winter goggas te weerstaan. Wat ‘n mens nodig het is genoeg vitamine A, D, en ook E. Minerale soos selenium, zink, en Omega 3 is ook hoogs voordelig vir jou immuniteit. Peulplante, volgraan, neute en sade, asook genoeg vars groente en vrugte is nie onderhandelbaar nie. Kossoorte om te vermy wat die immuniteitstelsel onder druk plaas is verwerkte vleis, gebraaide kosse, koeldranke, gebakte, of produkte met kunsmatige versoeters of verfynde suikers. Super-voedsel soos sampioene en mikro-algë kan ook jou liggaam daardie ekstra hupstoot te gee.

‘n Ander faktor om in gedagte te neem is dat 80% van ons immuniteitstelsel word in ons spysverteringstelsel gevind. So dit word sterk aanbeveel dat ‘n mens genoeg gesonde bakterië inkry soos probiotika. Dit word natuurlik gekweek in produkte soos jogurt. Om dit deel van jou ontbyt te maak is die ideale oplossing. Dit word ook sterk aanbeveel om baie water te drink en eintlik antibiotika te vermy want dit onderdruk die virus wel maar ook die immuniteitstelsel. Die gebruik van gesonde natuurlike kruie is ook ‘n middel wat ‘n mens kan gebruik om gesond te bly.Meer as dit kan jy net sorg dat jy ten minste sewe tot agt ure slaap ‘n dag inkry en dat jy ook kort rukkies in die son spandeer om vitamine E te kan verwek. En, as ons uiteindelik by winter kom – hou vir jou warm!