Winter – verwarm vroulief se hart met blomme!

lady_with_flowers_smiling

Niemand in ons omgewing hou regtig van die koue winter nie. Inwoners in Brits, of tot in Madibeng is gewoond aan ons hitte wat vele toeriste trek. Maar daar is ‘n oplossing sou die koue sou lei tot die bekende ‘koue skouer’ van vroulief. As ‘n boer, of eintlik enige man, hoort jy die sterk invloed van ‘n geurige bos blomme op ‘n vrou se hart nie te onderskat nie. So, verwarm gerus vroulief se hart hierdie winter met ‘n asemrowende en verrassende bos blomme! Dink mooi daaroor – dit het nog nooit teleurgestel en sal verseker ‘afbetaal’ op vlakke wat vir ‘n man saak maak. Geen tradisie kom nady die menslike emosionele gebaar wat die gee van blomme in die vorm van ‘n geskenk behels nie. Mense stap gewoonlik in ‘n blommewinkel of self by bloemiste in om blomme te koop vir verskillende aangeleenthede soos troues, verjaarsdae, huweliksherdenkings, om iemand geluk te wens, om jammer te sê en om net eenvoudig iemand se dag te maak.

Die geskiedenis agter die gee van blomme in die vorm van ‘n geskenk gaan terug na voorgeskiedenis tradisies. Die bewyse is opgegrawe deur argeoloë op uitgrawingsterreine. Die geskiedenis, mites en verhale wat terug dateer na Sjina, Griekeland, Rome en Egipte wys uit dat blomme ‘n integrale deel was van sosiale gebruike. In hierdie beskawings is dit geglo dat emosies hulle besonderse uitdrukking vind in die gee van blomme – die Griekse mitologie is vol daarvan.

Hiérdie tradisie is oorgedra in die donker eeue en versterk deur die Franse en Britse gemeenskappe. Die moderne weergawe om elke blom ‘n betekenis te gee kom oorspronklik van Turkye af na die Engelse dit raak gesien het; sodeur, het dit Europa deurdring. Die Victoriane het groot belang geheg aan die reëls van blommerangskikings en die gewoonte om vir iemand blomme te gee was ten volle benut. Vandag staan blomme nogsteeds uit as ‘n uitstekende geskenk wat vele betekenis dra. Rooi rose word gesien as ‘n simbool van liefde, waar geel rose vriendskap ontsluit. Lelies weer simboliseer reinheid en genade, terwyl goudsbloemblomme as ‘n uitdrukking van hartseer of teleurstelling beskou word. So, as dinge so bietjie ‘skip-rof’ gaan by die huis tussen jou en vroulief of tussen manlief en jouself, al wat dit dalk vat is daardie gesogte bos blomme om te sê ‘ek is jammer,’ of ‘ek is lief vir jou,’ of om net eenvoudig dit te gebruik as ‘n ‘luide’ geroep na aandag wat die alledaagse lewe, besigheid, werk en kinders so maklik beroof.

Winter is ook die lekkerste om kwaliteit tyd met jou eggenoot of meisie of kêrel te spandeer. Dinge kan nogal lekker raak onder die warm duvet terwyl die wind buite deur die blare waai, die kerse liggies brand en die slaapkamer met wierook opgeknap word. Dit is ‘n feit dat verhoudings nie lank hou waar beide nie mekaar die nodige waardering wys nie. Dit is ideaal om jou waardering te wys met ‘n bos blomme en daardie spesiale een in jou lewe te bekoor.