Word gesond deur natuurlike kruie te gebruik.

 Herb-chart-map

Anys: help teen hoes, kinkhoes, winderig- heid brandsiekte, jeuksiekte en luise. Bloekom: Dit word hoofsaaklik gebruik in die behandeling van siektes wat die lugweg aantas.

Boegoe: Uitstekend vir ontsteking, die vroue dele en prostaatklier.
Borage (komkommerkruid): Dit sal die adrenalienkliere weer herstel na behan- deling met kortisoon of steroiede.

Bronkorsblare (watercress): Hierdie kruie bevat yster, koper, kalsium en jodium en is goed vir swak senuwees en slym, galprobleme, maaglkwale, ekseem, bloed- armoede tuberkulose en jig.
Comfrey (smeerwortel): Dit is n in- drukwekkende wondgeneeser en vir die genees van dundermswere omdat dit die herstel van weefels so gou teweegbring. Dille: Dit is aromaties anti-spasmodies en anti inflammatories.

Duiwelsklou (Devil’s claw): Handige plant vir die behandeling van sommige soorte artritis waar daar inflammasie en pyn betrokke is. Dit help om die lewer en galblaas gesond te hou.

Gemmer: Help teen hardlywigheid, verbeter eetlus, verlig krampe, naarheid, spierpyne, geheue verlies en om koors af te bring.

Ginseng: Uitstekende tonikum en het n stimulerende uitwerking op die liggaam. Jasmyn: Help met die oplossing van slym en verkoue. Dit verlig ook ‘n seer keel en verlig hoesspierspasmas, asook om wonde te heel. Dit is ook goed vir senu- wee uitputting, depressie en stresverwante druk. Dit gee ‘n gevoel van selfvertroue en lewenslus.

Kamille: Kan gebruik word vir slegtespysvertering, diarree, nierstene
op te los, spiergewrigte laat ontspan, verstuitings en ook aknee, ekseem uitslag en sonbrand, word aanbeveel teen rusteloosheid en spanning. Kamille tee is redelik beskikbaar.
Karweisaad (caraway): word gebruik vir gorrelmiddel asma en brongitis.
Knoffel: Dit word beskou as ‘n basiese voeding wat die liggaam se gesondheid
in die algemeen sal verbeter. Eet elke dag drie huisies knoffel vir enige siekte. Kruisement: Help teen maagkrampe, slegte spysvertering, naarheid en breek galstene op, kan as saamtrekmiddel op vel gebruik word, senuwee skeelhoofpyne en stres.
Laventel: Dit help teen hoofpyn, stres, depressie, om te slaap, en die senuwees- telsel. Die olie word nie gedrink nie maar aangesmeer en in bad water gebruik. Soethout (Liquorice): Goed vir lewer en ook effektief in die behandeling van hepatitis en cirrhosis.
Moederkruid (Feverfew): Help teen pyn- like ontsteekte gewrigte stimmuleer die baarmoeder, dit trek soos tee.
Mosterd: Word gebruik teen spierpyne, beenpyp, koorsigheid, verkoue en griep en stimuleer die bloedsomloop. Jy kan
dit trek soos tee of ‘n pleister maak met water.
Hawer (oats): Dit voed die senuwee- stelsel. Help teen epilepsie, stuiptrekkings, hoofpyn, angs en senuweeagtigheid. Pietersielie: Help die liggaam om van oortollige water ontslae te raak.
Rissie (cayenne-peper): Kan aangesmeer word vir lendejig en rumatiek, gegorrel word vir laringitis en gedrink word as jy swak en moeg voel, word ook gebruik ko- liek griep swakpolsslag koors en aambeie. Rooi salie: middel teen bloeiende tand- vleis en ontsteekte tong en inflammasie in die mond, mangelontsteking, ens, gorrel middel en kan ook gedrink word. Roosmaryn: Help met lewer probleme, diarree, ingewands-infeksie, verhoog die bloeddruk, stimuleer die hart en normaliseer cholesterol vlakke. Kan ook gebruik word teen asma, brongitis, sinus, kinkhoes, genesing van wonde, aknee en spatare. Dit stimuleer ook die kopvel, help met groei van hare, depressie, stres senuwee stimmulant en oorinfeksie en verbeter die geheue

Salie (sage): Help vir mondsere, ontsteekte keel en mangels, is ook ‘n algemene mondspoelmiddel. Dit help ook vir koorsblare en help met die verteer van swaar maaltye en genees tand absesse. Senna: Goed vir hardlywigheid. Swartpepper: Hardlywigheid koliek sooibrand naarheid voedselvergiftiging dit stimmuleer bloedsomloop vermider koors en styfheid.

Tiemie: Dit is ook n antiseptiese middel verbeter lae bloeddruk en reinig die bloed en maak fungus dood vir aknee kneusple- kke brandplekke ekseem insekbyte. Help ook teen stres en slaaploosheid.

Vervain (verbena): Dit is n senuwee- tonikum kalmerend, anti spasmodies kan gebruik word teen depressie asook vir herstel van siekte en operasies.

Vinkel (fennel): Help met spysvertering, hardlywigheid, oplossing van nierstene, en verbeter bloedsomloop en reinig die bloed. Kan gebruik word vir asma en brongitis. Waarskuwing: ‘n groot dosis kan dit ‘n bedwelmende effek gee. Wildeals: ‘n Aftreksel bevorder die af- skeiding van maagsappe en gal, dit is ook krampwerend en werk vir swak eetlus. Wilger: Dit is verdowend en anti-flam- atories, is asook ‘n tonikum wat gebruik word vir koors en pyn, dit kan beskou word as ‘n natuurlike vorm van aspirien. Witch hazel: Dit is ‘n goeie saamtrek- middel vir die vel. Dit kan ook gedrink word en help om bloeding te stop, vir aambeie kneusplekke en spatare. Wynruit: Dit bevat rutien wat bloedvate, beendere, naels en tande versterk. Hoof- pyn weens stremming op die oe kan verlig word. Dit help ook teen geelsug diarree slaaploosheid stuipe en koors.

Meeste van bogenoemde kruie word soos tee getrek. Die grootste sonnebok van kwale is verkeerde eetgewoontes

Hiervan mag jy net soveel eet as jy wil:Aspersies, agurkies,blaarslaai,brusselse spruite,brocoli,blomkool,eiervrug,groenb one,komkommer,kopkool,lemoenpampoe ntjies,sampioene,spinasie en tamaties.

Voedsel wat goed is vir die lewer: aspersies,beet appels,spring onions,perske s,granate,brocoli,blomkool,mielies,komko mers,spinasie,rosyne,okkerneute en rape.

Hoë bloeddruk: Vermy sout, rook en alkohol.
Maak n aftreksel van roosmaryn drink 2x per dag.
Eet gerasperde wortels,pynappels en lemoensap.
Cholesterol: Avokado verlaag cheles- terol in jou bloed.
Vrugte werk die kolestrol uit jou bloed en groen bone help ook.
Hartkwale: Sluit die volgende by jou dieet in – knoffel, uie, suurlemoene, aspersies, gort,groen erte, okkerneute en pekanneute. Trek een teelepel tiemie op n koppie kokende water soos tee, drie maal per dag.
Bloedsirkulasie: Drink Lecithin elke dag.
Bloedarmoede: Marog is ryk aan yster. Ander voedsel wat die toestand sal help opklaar is groenblaar groentes, hoender, vis en beet.
Rumatiek: Sluit die volgende by jou dieët in: Seldery, aspersies, artisjokke, komkommer, knoffel, vye druiwe, waatle- moen, aarbeie. Devil’s claw is ‘n goeie middel teen rumatiek.
Jig: Maak n sterk tee van 12.5 ml pietersielie, roosmaryn en salie in 250ml kokende water, drink daagliks hiervan. Emfiseem: Vermy kosse soos vleis, eiers, witmeel en melkprodukte en staak om
te rook.
Asma: Maak n aftreksel van die volgende en drink kort kort daarvan deur die dag – 250ml suurlemoensap
250ml lusernblare en heuning.
Inflammasie: knoffel kan gerasper of gekneus op die wond gesit word. Depressie en stres: Voeg ‘n eetlepel engelse sout by jou badwater. Maak
ook ‘n aftreksel van laventel, oreganum, roosmaryn, smeerwortel en seldery – dit kan ook help.